HomeLocal News & ViewsVerwarring op pad eis nog 'n lewe

Verwarring op pad eis nog 'n lewe

Tuesday, 31 August 2010 13:54

NELSPRUIT - Die berugte N4-kringpad het verlede week nóg ‘n lewe geëis.
Almal op die toneel was dit eens dat die ongeluk toegeskryf kon word aan die feit dat die pad nie ordentlik gemerk is nie.

Motoriste wat vanaf Pretoria na Nelspruit reis, ry gedurig reguit aan in Malalane se rigting in plaas daarvan om links te hou na die stad. Dit is veral snags moeilik om tussen die twee roetes te onderskei. Donderdagaand omstreeks 18:30 het ‘n vragmotorbestuurder van Ni-Da ‘n U-draai op die kringpad gemaak nadat hy besef het hy is nie meer op pad Nelspruit toe nie. ‘n Taxi het in die agterste wa vasgejaag en die bestuurder is op slag dood. Geen remmerke was op die pad-oppervlak sigbaar nie.
Die vragmotorbestuurder het geskok op
die toneel vertel dat hy troeteldierkos in Nelspruit moes gaan aflaai. "Die pad het nie meer vir my bekend gelyk nie en ek het besef ek gaan Nelspruit misry. Ek het ‘n U-draai gemaak en gesien hoe die taxi op my afpyl. Ek het die bestuurder probeer waarsku, maar dit was te laat."
Die pad is aan beide kante toegemaak vir verkeer. Polisie- en verkeersbeamptes het die verkeer aan weerskante van die vragmotor herlei. Die polisie se forensiese eenheid het die toneel gefynkam vir leidrade en ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek. Die oorledene se naam was teen druktyd nog nie bekend nie. Me. Anita Heyl, woordvoerder van Trans African Concessions (TRAC) aan wie die pad behoort, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Additional Info

  • Author: Nicolene Smalman
  • Source: Lowvelder
  • Credits: None
Last modified on Tuesday, 30 November 1999 00:00

1 Comment

  • Comment Link VeronicaLucas25 Friday, 03 September 2010 05:08 posted by VeronicaLucas25

    One understands that humen's life is not very cheap, however people need money for various issues and not every man earns big sums cash. Thus to get some home loans or short term loan will be a correct solution.

    This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Add new comment


Banner

Login

Events Calendar

February 2012
S M T W T F S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 1 2 3

Polls

What do you want to read?
 

Consumer Views

primebfs
primehannah

Buy or Sell a Vehicle?

vehiclesSell or buy a vehicle, list yours for free in the classifieds. Dealers advertise your vehicles in our showroom at a minimal monthly fee.

Renting, letting, buying or selling.

house_for_sale_sign_hg_clrWant to buy or sell a house? Add your request in the classified section. Agents list all your property for a minimal monthly fee.